Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Weeklag van die sater in die Winkelsentrum" deur FERDI GREYLING
"Weeklag van die sater in die Winkelsentrum" deur FERDI GREYLING [boodskap #18473] Wo, 21 Oktober 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Weeklag van die sater in die Winkelsentrum.
Ferdi Greyling

Met hulle lywe soos wolke in die somer
weef vroue sluwe strikke op die grond.

Met hulle siele diep skadus's in die somer
het hulle ons in die bloedige son
gelok en gevang.

Het hulle ons gevang
in die kompartemente
van dae
en van weke
en van maande...

Ons lê vas in die argitektuur
van hulle koppe
wat die blink strome van tyd
in oggende
en in middae
en in aande kanaliseer.

En opdam
sodat die wasgoed gewas kan word
en die aandete geëet kan word.

In die winkelsentrum staan ek.

Teen die roltrap se hoogste helling staan ek.

Ek tuur af in die valleie winkels.

Die jong vroue loop verby.
Hulle weet hulle borste
is druppels klaviermusiek vroegaand.

Hulle heupe is strome
diep en blou in die oudste see.

In die bloedige somer weef hulle skaduwee's
oor die grond waar ons loop.

Op die hoogte bo die roltrap staan ek.
My bokpote skaam weggesteek
in ordinêre blou jeans...
Vorige onderwerp: "Kappertjies" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Re: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 06:39:45 MGT 2024